Herderspaar

Herderspaar van Emmanuel Duncanville Gemeente

Pastoor Eben en Rina Spannenberg is die presiderende pastoorspaar by AGS Emmanuel Gemeente. Ons Gemeente het ‘n geweldig passie en liefde wat ons graag uitdra na ons gemeenskap, waar elke persoon vir ons baie belangrik is. Ons vloei baie sterk in berading en bevryding en ons visie is dat elkeen Jesus Christus as Verlosser sal ken. Ons het n dinamiese musiek span wat ons in die Koning se teenwoordigheid in neem. Ons tieners is besig met n intense groei proses tot geestelike volwassenheid. Ons het ook n baie bekwame Sondagskool personeel wat in ons kinders belê. Raak betrokke en kom ervaar liefde, omgee en heerlike koffie kuier na die oggend dienste omdat almal vir ons belangrik is.